Sondagskool

Lewende Woord Sondagskool
Charmaine Slater
Sondagskool

 

Kontak Ons:

Vir verdere navrae kontak Charmaine Slater: 082 562 4956

Ons kinders is nie net ons toekoms nie, hulle is ook ons eerste verantwoordelikheid om hulle volgens die Woord van die Here groot te maak. Ons Sondagskool is goed toegerus om ouers in hierdie taak te ondersteun.

Ons beskik oor ‘n fantastiese kurrikulum wat verseker dat ons kinders op ‘n ouderdom-gepaste wyse deeglik in God se Woord onderrig word.

Kleuterskool en Voorskool
Die klas is geleë in die sysaal. Kinders, ouderdomme 1 - 5 jaar, word hier bedien.
Daar word elke Sondagoggend 'n klassie aangebied, behalwe op Kers- en Nuwejaarsdag naweke (se Sondae). Die klas sal oop wees, maar daar is geen toesig tydens dié twee Sondagoggend-dienste nie.

Kinderkerk
Graad R – 3
moet asb. direk na die kinderkerk buite die kerkgebou, gaan.

Graad 4 - 7
Direk na lofprysing en aanbidding, gaan die Graad 4 & 5's na die Hub buite die kerk, waar hulle bedien word. Graad 6 - 7 gaan na hulle klas in die sysaal.
Neem net kennis dat daar geen klas vir Graad 6 & 7 op Nagmaal Sondae gehou word nie. Die doel hiervan is om die kinders geleentheid te gee om deel van die diens te wees.

Eredienstye

  • Sondagoggend Erediens : 09h30
  • Jeugkerk / Sondagskool : 09h30
  • Sondagaand Feesdiens : 18h30

'n Moederskamer is beskikbaar.


Kontak Ons

  • Straatadres:
    Fairfield Noordstraat 127, De Tyger, Parow
  • Tel: 021 939 1898 – kantoor
  • Faks: 021 939 0092
  • Epos: lewendewoordparow@gmail.com
  • Kerkkantoorure :
    Maandag tot Vrydag, 08h30 tot 15h30