Die doel van die Sondagskool is om ouers te ondersteun in hul taak om hul kinders in die Woord van die Here te skool en ‘n lewenswyse van dissipelskap te kweek.

Neem asb kennis dat daar geen klas vir Graad 6 - 7 op Nagmaal Sondae gehou word nie. Die doel hiervan is om die kinders geleentheid te gee om deel van die diens te wees.

Onderwysers word op ‘n vrywillige basis gebruik en is elke tweede Sondag aan diens.

Kurrikulum:

Skrifgefundeerd en maklik toepasbaar

 

sondagskool
sondagskool

    KLEUTERSKOOL & VOORSKOOL

  1. Ouderdom 1 - 5 jaar:
    Gaan direk na hulle klas in die sysaal
  2. Daar word elke Sondagoggend 'n klassie aangebied, behalwe op Kers- en Nuwejaarsdag naweke (se Sondae).
  3. Die klas sal oop wees, maar daar is geen toesig tydens dié twee Sondagoggend-dienste nie.
  4.  

    KINDERKERK

  5. Graad R – 3:
    Moet asb direk na hulle klas gaan (langs Knox Coffee)
  6. Graad 4 - 7:
    Direk na lofprysing en aanbidding gaan die Graad 4 - 7's na hulle onderskeie klasse in die sysaal.
Wil jy graag betrokke raak?

Kontak Ons

lewendewoordparow@gmail.com