Die Prioriteite van ons Gemeente is:

1.

Bywoning

Getroue bywoning van Sondagoggend en -aanddienste
(Heb 10:25)

2.

Betrokkenheid

Persoonlike betrokkenheid in bedieninge
(1 Pet 4:10)

3.

Evangelisasie

Evangelisasie as 'n lewenswyse
(2 Tim 4:5)

4.

Lewenswyse

Die vrug van die Gees geopenbaar in ons lewens
(Gal 5:22)

Die "GROOT OPDRAG" aan die gemeente is

“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleindiging van die wêreld” (Matt 28:19-20).

Ons as gemeente strewe om ware dissipels vir Christus te maak.
Ons verklaarde voorneme en doelwitte motiveer ons, hou ons prioriteite op koers, ontwikkel ons potensiaal,
help ons om meer effektief te bedien en evalueer ons vooruitgang.