Sondagskool / Jeugbediening

Die doel van die Sondagskool is om ouers te ondersteun in hul taak om hul kinders in die Woord van die Here te skool en ‘n lewenswyse van dissipelskap te kweek.

Neem asb kennis dat daar geen klas vir Graad 6 - 7 op Nagmaal Sondae gehou word nie. Die doel hiervan is om die kinders geleentheid te gee om deel van die diens te wees.

Onderwysers word op ‘n vrywillige basis gebruik en is elke tweede Sondag aan diens.

Kurrikulum:

Skrifgefundeerd en maklik toepasbaar

 

sondagskool
sondagskool

    KLEUTERSKOOL & VOORSKOOL

  1. Klas 1 (baba klas) is van 2 - 4 jaar
  2.  

    KINDERKERK

  3. Gr RR tot Gr 7
    meld by aanmeldstasie aan, daarna gaan hul na die Braai area. Na lofprysing en aanbidding gaan Gr RR tot Gr 1 na Klas 2 tot Pastoor Quintus se kantoor gereed is. Daarna bly hul by die braai area.
  4. Gr 2 tot 4 bly in braai area en Gr 5 tot 7 gaan op die buitenste dek vir hul klasse.
  5. Hierdie reëlings geld totdat die bou van die Sondagskool se klaskamers in die nuwe jaar voltooi is.

Wil jy graag betrokke raak?

Kontak Ons

lewendewoordparow@gmail.com